Ons maak 'n ding SKOON!
"BoutiQ, Uitgespreek 'boutique' is Bloemfontein se vriendelike, bekostigbare, betroubare (en oulikste) bekleedsel en matwasser diens tot hede. Ons doen dit al vir 28 jaar en ons belowe niks minder as professionele diens en uitstekende resultate nie."
- Jacques "JJ" Swanepoel
Jip! En kantore ook! Hoeveel kos dit? Moenie bekommer nie. Dis meer bekostigbaar as wat jy dink. Klik hier om te sien wat word daarmee bedoel.
In 1992 het Jacques met 'n tweedehandse matwasmasjien, paar "overalls" en 'n ou merk 1 Golf begin om famielie en vriende se bekleedsel en matte te was. Sy geheim sê hy lê in sy tegniek. Die res is Bustercide, ons eie "in-house" formule.
Jacques Swanepoel het in die afgelope 28 jaar niks minder as:
- 12 000 kamers se matte gered
- 3 000 stelle gerestoureer na hul oorspronklike glorie toe
- 40 KL se Bustercide gemaak
Almal droom. Maar min kry dit reg om hulle drome waar te maak nie. Ons s'n is in lewende lywe - en ons geniet wat ons doen. Jy kan jou indink hoe lekker dit is om te sien hoe gelukkig 'n kliënt is as sy sien hoe die rusbank of mat weer lyk soos hy gelyk het toe sy dit in die winkel gesien het :-)
"Two's company. Three's a crowd". Wel, ons is net twee, maar ons is 'n ongelooflike span. Dis net JJ en sy helper wat hierdie show run. En glo my, ons doen dit blerrie goed!
Niks is te veel moeite nie. Jou los matte, stelle, trappe, selfs karre. Ons is nie bang vir werk nie.
Website was built with Mobirise