Hi!

Hoe kan ek help?

Welkom by BoutiQ.

Ons maak 'n ding SKOON!

Beste Bad vir jou Mat


"BoutiQ, Uitgespreek 'boutique' is Bloemfontein se vriendelike, bekostigbare, betroubare (en oulikste) bekleedsel en matwasser diens tot hede. Ons doen dit al vir 28 jaar en ons belowe niks minder as professionele diens en uitstekende resultate nie."

- Jacques "JJ" Swanepoel

Two seater couch and some lemons

Skoon? Silwerskoon.

O die elende! Wat nou gemaak?
Wel, jy kan oor een ding seker wees -- Jacques weet hoe om dit weer skoon te maak. Silwerskoon.

Lees gerus verder om te sien wat pressies dit is wat ons doen.

Kantoor meubels en matte

Wat van my besigheid?

Jip! En kantore ook! Hoeveel kos dit? Moenie bekommer nie. Dis meer bekostigbaar as wat jy dink. Klik hier om te sien wat word daarmee bedoel.

Ons hou van:

Carpet and toys
Matte

Daar kan snaakse dinge in jou mat kruwel. Meeste daarvan is dooie vel, maar die goggas wat dit eet en dan 'n toilet van jou mat maak... (Moenie eers vra wat gebeur as dit nat word nie.)

Couch
Stoffering

Wat opgaan moet weer afkom - en gaan sit in jou stoffering. Ons formule sorg dat enige muf, kieme, virusse, goggas en vuil kolle verdwyn soos wyn na 'n presidensiële toespraak.

Car interior
Bekleedsel

Weet jy of jou karwas se 'mini-valet' SABS goedgekeurde alkoholvrye shampoo gebruik? Wel, jy hoef nie daai kans te vat met ons nie. Ons maak 'n ding skoon. Silwerskoon.

Big bed
Matrasse

Niks is te veel moeite nie. Jou los matrasse, matte, stelle, trappe en selfs karre! Ons is nie bang vir werk nie. As jy dink ons hoort dit te doen, vra net. Die kanse is goed dat ons gaan "ja" sê!

VELE Spesiale aanbiedings

Frog house
4 Kamers se matte

Enige 4 vertrekke kleiner as 50 vierkantemeter word masjien-gewas en meubels word geskuif.

Lounge with couches and chair
6 Sitplek sitkamerstel

6 Sitplek sitkamerstel se bekleedsel masjien-gewas en geskuif.

Stairs
Trappe

Nes dit daar sê. Trappe korter as 1.5m kos net R 10!

Hoekom BoutiQ?

In 1992 het Jacques met 'n tweedehandse matwasmasjien, paar "overalls" en 'n ou merk 1 Golf begin om famielie en vriende se bekleedsel en matte te was. Sy geheim sê hy lê in sy tegniek. Die res is Bustercide, ons eie "in-house" formule.

Jacques Swanepoel het in die afgelope 28 jaar niks minder as:
- 12 000 kamers se matte gered
- 3 000 stelle gerestoureer na hul oorspronklike glorie toe
- 40 KL se Bustercide gemaak

Almal droom. Maar min kry dit reg om hulle drome waar te maak nie. Ons s'n is in lewende lywe - en ons geniet wat ons doen. Jy kan jou indink hoe lekker dit is om te sien hoe gelukkig 'n kliënt is as sy sien hoe die rusbank of mat weer lyk soos hy gelyk het toe sy dit in die winkel gesien het :-)

"Two's company. Three's a crowd". Wel, ons is net twee, maar ons is 'n ongelooflike span. Dis net JJ en sy helper wat hierdie show run. En glo my, ons doen dit blerrie goed!

Niks is te veel moeite nie. Jou los matte, stelle, trappe, selfs karre. Ons is nie bang vir werk nie.

Praat met ons.

Ons byt nie ;-)

© Kopiereg 2021 Bustercide. Alle regte voorbehou.
Webtuiste en bemarking deur dreamJar.

This web page was designed with Mobirise